Protearif

Akademie

Ons Akademie

Wat maak ons Akademie uniek?

Gegrond op Christelike Waardes

Ons bou karakter deur liefde, respek, diensbaarheid en dankbaarheid in elke leerervaring.

Simboliese Graad 1-Inhuldiging

Ons “plant” elke leerder in sy/haar nuwe leeromgewing - 'n tradisie wat groei en verbondenheid vier.

Witjassies-Wetenskap in Graad 1

Kinders ontdek en eksperimenteer deur praktiese wetenskap vanaf hul eerste skooljaar.

Robotika vir Nuuskierige Koppe

Interaktiewe tegnologie - leer probleemoplossing op 'n speelse en kreatiewe manier.

Klein Klasgroottes = Groot Aandag

Met ’n verhouding van 1:30 kry elke kind die ondersteuning wat sy/haar potensiaal ontsluit.

Hoë Standaard CAPS-Kurrikulum

Ons pas die kurrikulum verrykend toe-met uitdagings, ondersteuning en geleenthede vir groei.

Verryking en RO

Verryking en Remediërende onderrig vind deurlopend in die klas plaas soos nodig. Deurlopende kommunikasie met ouers verseker dat elke leerder sy/haar volle potensiaal bereik en niemand, agtergelaat word nie.

Leerders se Stem Tel

Ons moedig selfuitdrukking, kritiese denke en ’n liefde vir leer aan in elke fase van ontwikkeling.

Laerskool Protearif se Graad R: Protie Pronkers

op pad na uitnemendheid!

By Laerskool Protearif glo ons dat die eerste formele skooljaar ’n sterk en liefdevolle fondasie moet lê—en dit is presies wat ons Graad R-maats, die Protie Pronkers, ervaar!

Ons volg die CAPS-kurrikulum en streef na akademiese uitnemendheid van dag een af. Elke leerervaring is doelgerig gestruktureer en verryk met speel-en spel gebaseerde aktiwiteite wat taal, wiskunde, kreatiwiteit en sosiale vaardighede vaslê.

Hoewel ons deel van die laerskoolgemeenskap is, koester ons nog ons kleuter-jare.  Daarom leer, speel en groei die Protie Pronkers op die Protie Kleuterskool se veilige en bekende perseel.

Dis die beste van twee wêrelde: die warmte van kleuterskool én die roete na formele leer.

Mini-Sportsoorte

Ons Protie Pronkers kry die geleentheid om aan verskeie mini-sportsoorte deel te neem en ervaar van vroeg af, die pret én uitdagings van kompeterende wedstryde:

Mini-Netbal

balvaardigheid, spanwerk en spoed

Mini-Rugby

moed, beweging en krag

Mini-Hokkie

balans, strategie en koördinasie

Mini-Krieket

akkuraatheid, konsentrasie en sportmangees

🎾 Boonop ontwikkel ons ook ons maats se tennisvaardighede met weeklikse oefeninge op die baan. Dié fokus op fyn motoriese vaardighede, balbeheer en ritme, maak tennis ’n fantastiese aanvulling tot hul sport-arsenaal.

Op die Verhoog

By Laerskool Protearif kry ons Graad R- Protie Pronkers al van vroeg af die kans om hul stemme, emosie en kreatiwiteit op die verhoog te laat leef. Ons maats neem met entoesiasme deel aan:

RACA-Kunswedstryd

waar hulle die verhoog betree as deel van ons spreekkoor en ook hul sangtalente ontwikkel in die kultuurkoor.

Youth Arts

’n inspirerende platform waar Pronkers selfvertroue bou deur individuele gedigvoordragte, vol karakter en kleur!

Hierdie kultuurgeleenthede dra by tot sterk taalontwikkeling, luistervaardighede en ’n liefde vir selfuitdrukking. Boonop leer dit maats om met trots hul unieke stem te deel—binne ‘n span én op hul eie.

Akademie by Laerskool Protearif

Graad 1 - 3

Laerskool Protearif bied waardegedrewe, Christelike onderwys, wat elke leerder se unieke potensiaal koester. Ons glo dat opvoeding nie net kennis oordra is nie, maar ook karakter vorm. Daarom is elke aktiwiteit en leergeleentheid gegrond in Christelike beginsels soos liefde, respek, diensbaarheid en dankbaarheid.

Ons volg die voorgeskrewe CAPS-kurrikulum, maar pas dit toe op ’n hoë standaard.  Ons onderwysers is passievol en hoogs gekwalifiseerd, en skep ’n leeromgewing waar kinders veilig voel om te leer, te droom en te groei.

Ons bied ’n omvattende vakpakket aan wat aangepas is vir elke fase van ontwikkeling:

  • Grondslagfase (Graad R-3): Taalontwikkeling, Wiskunde en Lewensvaardighede, insluitend Kreatiewe Kunste en Fisiese Opvoeding.

Laerskool Protearif is trots daarop om jaar na jaar uitstaande akademiese prestasies te lewer en ons leerders blink ook uit in nasionale assesserings.

’n Groeiende Begin - Graad 1-Inhuldiging

By Laerskool Protearif glo ons dat elke leerder unieke potensiaal het om te floreer. Daarom verwelkom ons ons Graad 1-leerders met ’n betekenisvolle inhuldigingseremonie, waar hulle simbolies “geplant” word in hul nuwe leeromgewing.

Hierdie spesiale oomblik teken die begin van hul leerpad, en beklemtoon ons verbintenis om ’n veilige, liefdevolle en stimulerende ruimte te skep, waarin elke kind kan groei en blom waar hulle geplant is.

Die seremoniële planting is meer as ’n tradisie-dit is ’n viering van identiteit, aanvaarding en groei. Ons wil hê elke leerder moet:

Ekstra Blootstelling vir Graad 1

Om nuuskierigheid en ontdekking aan te moedig, kry ons Graad 1-leerders ekstra blootstelling aan wetenskap en tegnologie:

Intersenfase by Laerskool Protearif

Graad 4 - 7

Die Intersenfase vorm ‘n belangrike deel van elke leerder se skoolloopbaan. Dit is die brug tussen die grondslagfase en hul oorgang na die hoërskool en lê die grondslag vir akademiese sukses en persoonlike groei.

Wat is die Intersenfase?
By Laerskool Protearif verwys die Intersenfase na graad 4 tot 7 en fokus op die ontwikkeling van gevorderde akademiese en lewensvaardighede. In hierdie fase leer kinders om meer onafhanklik te werk, verantwoordelikheid vir hul eie leer te neem en hulself doelgerig voor te berei vir die uitdagings van die hoërskool.

Kurrikulumfokus

Ons volg die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) soos voorgeskryf deur die Departement van Basiese Onderwys. Hierdie kurrikulum verseker ‘n gestruktureerde en gebalanseerde onderrigbenadering in alle vakke.

Sleutelfokuspunte by al die grade sluit in:

Ondersteuning en Begeleiding

Ons toegewyde onderwysers by Laerskool Protearif begelei elke leerder met sorg deur hierdie vormingsjare deur:

Persoonlike en Sosiale Groei

Intersenfase-leerders word aangemoedig om:

Leerder Ondersteuningsdienste

Elke Protie – maat moet sy/haar volle potensiaal holisties ontwikkel en gebruik. Om te verseker dat al ons Protie – maats hul plek kan volstaan in die samelewing, word die volgende leerlingondersteuning gebied:

  • Leerders ontvang algemene ondersteuning deur middel van heronderrig en remediërende onderwys (RO).
  • Leerders met meer spesifieke struikelblokke/agterstande word ondersteun deur die aanbieding van:
    o Ekstra klasse na skool in die 3 hoofvakke
    o Eksamenhulp
    o Ondersteuning

Ons skool bied die volgende dienste aan waarvan die kostes van die mediesefondse verhaalbaar is:

Arbeidsterapeut

Elana Cloete

Spraak- en taalterapeut en Oudioloog

Cordelia Fairlie

Berading

Ds. Morne Venter

Scroll to Top