Protearif

Kleuterskool

Akademie by Protie Kleuterskool

Kleintjies word by ons groot gemaak—in denke, in hart én in drome.

Ons kurrikulum lê die grondslag vir betekenisvolle, speelse en ontwikkelingstoepaslike leer – gereg na die unieke behoeftes van kleuters.

Ons volg die ELDAs-kurrikulum,

gebaseer op die Nasionale Kurrikulumraamwerk (NKR) van Suid-Afrika. Dit stel ons in staat om reeds vanaf die babastadium tot vierjarige ouderdom aan kinders ’n holistiese ontwikkelingspad te bied.

Die ELDAs (Vroeë Leer- en Ontwikkelingsgebiede) bestaan uit ses sleutelareas:

Klasindelings by Protie Kleuterskool

By Protie sorg ons dat elke kind in ’n veilige, liefdevolle en ouderdomsgepaste leeromgewing ontwikkel. Ons klasse is gestruktureer volgens ontwikkelingsfases, sodat leer en groei op natuurlike wyse plaasvind.

Elkeen van ons klassies is propvol speelpret én leer, met toegewyde personeel wat kinders se unieke potensiaal help ontgin.

Sportpret begin hier!

By Protie Kleuterskool glo ons dat beweging vreugde bring én selfvertroue bou. Daarom begin ons reeds vanaf vierjarige ouderdom om ons kleuters sportvaardig en veldgereed te maak!

Met elke uitgooi, hardloop en hou leer ons kinders nie net om te beweeg nie—maar om hulself te vertrou, deel te wees van ’n span, en om met entoesiasme en energie aan die lewe deel te neem.

In ons speelse, gestruktureerde program ontdek kleuters hul talente en slyp hulle vaardighede in:

Mini-Netbal

hand-oog-koördinasie & spanwerk

Mini-Rugby

spoed, krag & moed

Mini-Hokkie

balans, fokus & strategiese denke

Mini-Krieket

akkuraatheid, geduld & sportmangees

Kultuurbewustheid

By Protie Kleuterskool begin kultuurbewustheid reeds op vier!

Ons glo elke kind het ’n stem wat gehoor moet word—’n storie om te vertel, en ’n verhoog om op te skitter! Vanaf vierjarige ouderdom neem ons kleuters aktief deel aan:

RACA Kunswedstryd

waar hulle in vrolike ritme en samewerking deel vorm van ons spreekkoor.

Youth Arts

’n kreatiewe platform waar maats hulself uitdruk deur die voordrag van oulik-gekoesterde gediggies.

Hierdie ervarings bou selfvertroue, bevorder taalvaardigheid en kweek ’n liefde vir kuns, kultuur en gemeenskap—alles op ’n manier wat kinders se harte en verbeelding aanraak.

Buitekurrikulêre Aktiwiteite

Ons bied verskeie opwindende buitekurrikulêre aktiwiteite aan wat kinders die kans gee om nuwe vaardighede aan te leer en hul talente verder te ontwikkel. Indien ouers belangstel om meer uit te vind oor inskrywings of koste, kan hulle gerus die betrokke klasonderwyser kontak vir meer inligting.

MonkeyNastix

‘n Energieke buiteprogram wat beweging, musiek en kreatiwiteit kombineer om kinders se liggaam, brein én sosiale vaardighede holisties te ontwikkel:

MonkeyNastix lê ’n stewige grondslag vir sportsoorte soos netbal, hokkie, gimnastiek en dans—en help kinders om hul volle potensiaal te bereik in ’n prettige, ondersteunende omgewing.

Horseworx

Horseworx bring leer in beweging! By Protie Kleuterskool skep ons geleenthede waar kinders spelenderwys leer—en wat is meer opwindend as leer op ’n pony!

Ons is trots om aan te kondig dat Horseworx deel is van ons program. Hierdie perd-gebaseerde leer- en stimulasieprogram is ontwerp vir jong kinders en fokus op sensoriese integrasie, kernspierontwikkeling en emosionele groei—alles terwyl hulle pret het!

Wat maak Horseworx besonders?

Hierdie unieke program, ontwikkel in samewerking met arbeidsterapeute, is ’n wenkombinasie van beweging, selfvertroue en terapeutiese speletjies—reg in ons eie skooltuin.

Scroll to Top